Your Recipe Blog

GEVULDE OONDGEBAKTE PANNEKOEK

Recipe by
Cook: 30 min.

GEVULDE OONDGEBAKTE PANNEKOEK

Reënerige aande en pannekoek en koffie loop soos stroop. Hierdie een flop nooit.

  • Sif saam:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • Klits apart saam:
  • 4 eiers
  • ¼ koppie olie
  • 100 ml suurlemoensap
  • 2 eetlepels brandewyn
  • 3 koppies sodawater

Sif droë bestanddele by die natmengsel in terwyl jy kilts. Beslag moet dun en loperig wees.
Spuit pan met “spray and cook” en bak pannekoeke in baie warm pan.

  • Vulsel:
  • 1 rooi ui, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, fyn gesny
  • 2 blikkies fyn tuna in water
  • ½ botteltjie agurkies, fyngesny
  • 6 eetlepels goeie mayonnaise
  • 250 ml gerasperde kaas

Meng die vulsel bestanddele goed, smeer oor die pannekoeke.
Rol op en pak in langwerpige bak soos op foto.

Maak genoeg witsous. (botter, koekmeel, melk en sout)
Skep oor die opgerolde pannekoeke in die bak.
Rasper nog Cheddar kaas bo-oor na smaak en bak by 180 ºC vir 30 minute.
Sit warm voor.

As jy nie lus is vir die moeite nie… kaneelsuiker is koning!

Foto en resep: Dricus Bosman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page