GEVULDE “COCKTAIL” TAMATIES
Gister het ek vir ons hierdie gevulde cocktail tamaties gemaak.
- Volgens eie hoeveelhede:
- cocktail tamaties
- olywe
- growwe maaskaas
- Vir opdiening:
- blaarslaai
- groen soetrissie
- komkommer
- rooi uie
Sny die vleis/pitte van die tamaties uit en vul die holtes met growwe maaskaas en olywe.
Ek het myne gerangskik op blaarslaai met groen soetrissie, komkommers en rooi uie.
Die gevulde tamaties is heerlik verby!
Bron en foto: Sharon Viljoen