Your Recipe Blog

GEVULDE BOTTERSKORSIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 mense

GEVULDE BOTTERSKORSIES

Ek wil net deel wat ons vanaand geëet het.
My ma het dit altyd gemaak en dit is ‘n heerlike vullende ete en vinnig om te maak.

  • 2 botterskorsies
  • 500 g maalvleis
  • 1 ui
  • 1 klein bakkie sampioene, opgesny
  • sout en peper en ander speserye na smaak
  • 1 teelepel knoffel
  • Feta kaas en gewone kaas

Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die bokant van die botterskorsie af, halveer in lengte en haal pitte uit.
Plaas op ‘n bakplaat en gooi bietjie olie oor en sout en peper na smaak.
Bak in die oond tot gaar  vir om en by 40 min.

In ‘n pan, braai ui en ‘n teelepel knoffel tot bruin.
Sit die sampioene by en braai tot verkleur.
Voeg die maalvleis by, geur na smaak met speserye en souse wat jul verkies en kook tot gaar maar nie droog nie.
(Ek het net sout en peper en bietjie Worcestersous bygesit)

Sodra die botterskorsies gaar is in die oond, haal hulle uit, sit die maalvleis binne in die “gate”, strooi Feta kaas en gewone kaas bo-oor en bak tot gesmelt.

Sit voor saam met rys en ‘n groenslaai.

Resep en foto:  Janine Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page