GEVULDE AARTAPPELS
- 4 groot aartappesl
- ½ ui, fyn gekap
- 1 bakkie suurroom
- 1 pak repies spek, uitgebraai
- 125 ml songedroogte tamaties, opgekap
- 30 ml tiemie
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 200 ml elk Mozzarella en Cheddar kaas
- sout en pepper na smaak
- 3 gras uie, gekap, gebruik net die groen gedeelte
- geklitste eier om oor te verf
Prik die aartappels ‘n paar keer en plaas in die mikrogolf, sit op hoog tot hulle gaar.
Sny die aartappels in die lengte deur en hol die aartappel uit so dat dit ‘n bakkie vorm.
Meng die uitgeholde aartappels met die res van die bestanddele.
Skep nou jou mengsel terug in die aartappel helftes en verf bietjie geklitste eier oor.
Plaas op ‘n bakplaat en bak tot mooi bruin teen 180ºC.
Resep en foto: Ilona Turner