Your Recipe Blog

GEVULDE AARTAPPELS OP DIE KOLE

GEVULDE AARTAPPELS OP DIE KOLE

Ek het hierdie heerlike oudurfie vir vanaand voorberei, djeeerlik, krakerig en wragtag blerrie lekker.
Neem soveel aartappels as persone wat teenwoordig gaan wees.  Ek het 4 geneem en die langstes uitgesoek.

  • aartappels, medium en lank
  • Aromat geursel
  • olie
  • bloukaas, of jou eie keuse van kaas
  • sout en peper

Neem ‘n 20 mm pvc pypie en druk dit deur die lengte van die aartappels, maar nie heeltemal deur nie of gebruik ‘n aartappelskiller en verwyder die kern van die aartappels.
Kook die aartappels vir 20 minute in sout water.
Verwyder dan die skilletjies en geur met sout en peper na smaak.
Hier kan julle ook Aromat gebruik.
Bak die aartappels in ‘n medium diep pannetjie met olie oor die kole tot goudbruin.
Dreineer op handdoekpapier en stop die uitgeholde aartappel met kaas.
Bedien wanneer dit effens afgekoel is en die kaas bietjie gesmelt het.

Nota:
Sjoe dit was so heerlik, ek moes sommer 20 gemaak het.
Geniet!!

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page