GEURIGE VLEISBROOD
- 1 blik pynappelringe, gedreineer
- 30 ml bruinsuiker
- 5 ml kerriepoeier
- 15 ml Worcestersous
- 700 g maalvleis
- 250 ml hawermout, rou
- 1 eier
- 1 ui, fyngekap
- sout en peper, na smaak
- 5 ml mosterdpoeier
- 250 ml kondensmelk
Verhit die oond tot 180 °C. Bespuit ‘n broodpan, ongeveer 12 cm x 23 cm groot.
Rangskik die pynappelstukke op die bodem van die pan.
Strooi die bruinsuiker egalig oor die pynappelringe, asook die kerriepoeier en Worcestersous.
Meng die maalvleis, hawermout, eier, uie, geurmiddels en kondensmelk.
Skep die mengsel oor die pynappelstukke en druk dit styf vas.
Maak toe met foelie en bak vir 45 minute.
Haal die foelie af en bak vir nog 30 minute.
Bedien saam met groente.
Resep en foto: Amanda Austen