Your Recipe Blog

GEURIGE HOENDERGEREG

GEURIGE HOENDERGEREG

  • 4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
  • 25 ml sojasous
  • 25 ml droë sjerrie
  • 120 ml mielieblom
  • sonneblomolie, vir diepbraai
  • 80 ml koekmeel
  • 90 ml suurlemoensap
  • 30 ml suiker
  • 15 ml sesamsaad, gerooster
  • noedels of rys en roerbraaigroente, om voor te sit

Sit die hoender in ‘n bak en voeg die sojasous, sjerrie en 30 ml van die mielieblom by.  Laat dit vir 20 minute marineer.
Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepbraai.  Meng die meel en 80 ml mielieblom en doop die gemarineerde hoender daarin.  Skud die ekstra meel af en braai ‘n paar stukke op ‘n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Meng die suurlemoensap, suiker, 150 ml water en die laaste 10 ml mielieblom in ‘n mikrogolfbak. Verhit dit vir ‘n paar minute en roer af en toe tot dit verdik. Roer die hoender by.  Sprinkel sesamsaad oor. Sit dadelik voor met noedels of rys en roerbraaigroente.

Foto: Suretha Jansen de Swardt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page