Your Recipe Blog

GESTOPTE WILDSBOUDJIE

Avatar photo
Recipe by
12 - 24 uur
Cook: 1 uur 20 minute

GESTOPTE WILDSBOUDJIE

Hier is nou die SONDAG WILDSboudjie wat oond toe gaan.
Gestop met knoffel, naeltjies, skaapstert, Atchar uie, en DAN… het ek daai boudjie DRAPEER in lekker sagte BOERBOK se SPEK – NIE VARK BACON NIE!
Nou bak dit stadig op 120°C in die oond.

  • ±- 1.5 kg boud, ontbeen
  • Sous:
  • 1 eetlepel tafelsout
  • 1 teelepel swartpeper
  • 1 teelepel Masala
  • 1 teelepel mosterd poeier
  • 4-6 heel naeltjies
  • 2 eetlepels rou heuning
  • 4 eetlepels regte olyfolie
  • 200 ml ligte Rose wyn
  • 3 knoffelhuisies, gesny
  • 1 ui, in stukkies gesny
  • 1 groot aartappel, in blokke gesny
  • paar repe skaapstert vet

Meng al die sousbestanddele saam. Steek die boud met ‘n breëlem-mes VOL gate, en laat dit in die sousmengsel lê vir 12 – 24 uur.
Stop nou die gate in die boud met alles wat in die sous lê, trek die boud met spek oor, en bak vir 1 uur op 120°C.
Laat dit nou “GRILL” vir nog so 20 minute totdat die spek lekker krakerig is.
Haal uit, sny in skywe, en bedien met bykosse van eie keuse.

Resep en foto’s: Stefaans Blaauw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page