Your Recipe Blog

GESTOPTE VARKWORSIE- EN SPEK APPELS

Recipe by
Cook: 45 minute

GESTOPTE VARKWORSIE- EN SPEK APPELS

  • Granny Smith appels (klein appels werk die beste) een per persoon
  • varkworsies (die hoeveelheid varkworsies verskil van die grote van die varkwors. Een worsie behoort genoeg te wees vir 2 appels)
  • strepies spek (benodig 1 strepie spek per appel)
  • tandestokkies
  • esdoringstroop (maple syrup), opsioneel
Voorverhit die oond op 180°C. Verwyder die kern van die appel. Verwyder die vleis van die varkworsies uit die omhulsel en stop die appels met die worsvulsel.
Draai ‘n strepie spek om die appel en steek vas met ‘n tandestokkie.
Drip paar druppels esdoringstroop op die appel. Bak tot sag. Ongeveer 45 min.
Baie lekker met kersfees gammon en selfs as bykos met braaivleis.

Foto en resep geplaas: Louw LP Senior

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page