GESTOOMDE VARK BOLLETJIES (PORK STEAMED BUNS)
Ek het nie ‘n stoomer gebruik nie, maar ‘n “Wok” geneem en ‘n leë tuna blikkie onderin dit geplaas met ‘n bord bo-op en so gestoom.
- Deeg:
- 300 g koekmeel
- 70 g witsuiker
- 9 g bakpoeier
- 7 g kitsgis
- 150 ml water
- 2 eetlepels olie
- Vulsel:
- 200 g heuning geglasuurde vark
- ½ ui
- 1 knoffelhuisie, gekerf
- ½ koppie ui en gemmersous
- 1 teelepel appelkooskonfyt
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel witsuiker
- 100 ml water
- 2 eetlepels mielieblom of koekmeel met 2 eetlepels water gemeng
- sout
Deeg:
Meng droë bestanddele saam vir die deeg. Maak ‘n holte in die mengsel vir nat bestanddele. Meng met ‘n houtspaan tot ‘n deeg vorm en meng verder met die hande. Knie vir 10 minute tot ‘n gladde deeg. Laat deeg vir 20 minute rus in ‘n bedekte bak.
Vulsel:
Roerbraai uie, knoffel en sout tot sag. Voeg vark, souse, suiker en water by. Prut vir 3 tot 4 minute. Voeg mielieblom of koekmeel by en prut tot dik. Plaas in ‘n bak in die yskas vir 15 minute.
Rol deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot ‘n rowwe vierkant. Vou deeg in die helfte en rol uit. Herhaal 3 keer. Rol deeg in ‘n silinder en sny in 16 eweredige stukke. Druk deeg plat en rol met ‘n rolpen. Met die rolpen, dun die kante uit (help met die vou later).
Plaas ongeveer 2 eetlepels vulsel in die middel. Plooi die kante tot die vulsel binne in geseël is. Plaas op ‘n oondpan met bakpapier. Bedek en laat rus vir 1 uur in ‘n warm plek.
Plaas in ‘n stoomer oor borrelende water en stoom vir 10 minute tot gaar.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira