GESTOOMDE ROLLETJIES MET HOENDER
- 3 of 4 hoenderborsies, ontbeen
- 1 ui, gekap
- 1 eetlepel olie, vir braai
- ½ koppie kookwater
- 1 teelepel knoffel, fyngemaak
- gerookte paprika, na smaak
- Worcestersous, na smaak
- hoenderspeserye, na smaak
- sout en peper, na smaak
- 1 koppie lappiessous (of Jimmy’s of gunstelling braaisous)
Voorverhit oond tot 190 °C.
In ‘n swaarboom pot (oondvas) gebruik eetlepel olie en braai ui tot gaar en voeg knoffel by; braai vir ‘n verdere minuut.
Plaas hoenderborsies in warm pan, strooi speserye na smaak oor.
Braai albei kante tot bruin.
Voeg ‘n kwart koppie van die sous oor die hoender en ‘n half koppie kook water by. Plaas deksel op pot en plaas in oond.
Bak vir 20 – 30 minute tot gaar.
Gebruik twee vurke en skeur hoender fyn.
Voeg res van sous by en roer goed deur.
Gebruik saam met gestoomde broodjies; kan ook voorgesit word met geroosterde piekelpepers. Die rolletjies se resep is te vind by die volgende skakel (hier onder):
Die twee bestanddele pizzadeeg resep gebruik. Deeg goed geknie. 12 ewe groot deeg balle gemaak en 10 minute laat rus. Deeg uitgerol (nie te dun nie) en hoendervulsel ingesit en toegevou. Stoom vir 25 – 30 minute.
Ek het my elektriese stoommandjie gebruik. Water onder in geplaas, rolletjies in gesit (vier op ‘n slag) en gestel vir 30 minute.
Hoe om rolletjies te stoom in ‘n mandjie:
Die stoommandjie (hetsy bamboes of andersins) moet direk bo-op ‘n kastrol van dieselfde afmeting geplaas word. Vul die kastrol met kookwater tot ongeveer derde vol. Plaas die stoommandjie bo-op die kastrol. Plaas die bolletjies in die stoommandjie, en laat ‘n bietjie ruimte vir elkeen om te rys tydens die gaarmaak proses. Sit deksel bo-op die stoommandjie. Stoom oor lae-medium hitte vir 10 – 12 minute.
https://yourrecipeblog.com/recipes/2-bestanddele-pizza-basis/
Resep en fotos: Suenell Liebenberg