Your Recipe Blog

GESTOOFDE VRUGTE MET KLUITJIES

GESTOOFDE VRUGTE MET KLUITJIES

Klaar!!!! 50 van elk, springrolls en samoesas, nou kos maak, iets uit my ouma se dae op houtstoof, gestoofde vrugte met kluitjies.
  • Kluitjies:
  • 4 eetlepels koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 eier
  • 2 teelepels botter
  • knippie sout
  • bietjie melk vir aanmaak

Meng droë bestanddele saam.
Vryf botter in tot dit soos krummels lyk en voeg eier by.
Maak aan met bietjie melk tot ‘n redelike slapdeeg (amper soos ‘n plaatkoekie se deeg).
Kook 3 koppies water in ‘n swartboom kastrol of enige swaarboom kastrol met ‘n knippie sout in die water.
Skep lepels vol deeg in die kokende stroop en sit die deksel op sodra al die deeg op is.
Moenie die deksel oplig nie, want dan gaan die kluitjies plat val.
Kook vir ongeveer 15 tot 20 min op stadige hitte.
Skep die kluitjies uit in ‘n opskep bak.
Voeg nog ‘n bietjie water in kastrol, asook ekstra suiker na smaak, ‘n stukkie botter en fyn kaneel.
Kook so ‘n paar min en skep die stroop oor die kluitjies.

Gestoofde perskes
Vandag gebruik ek die kluitjies saam met my gestoofde droë Alberta perskes.

  • 2 koppies gedroogde perskes
  • 3 koppies water
  • 1 koppie suiker
  • stukkie kassia
  • 1 steranys

Laat lê die perskes oornag in die water.
Voeg die res van die bestanddele by en kook saam tot sag maar nie pap nie.
Skep die perskes onder in ‘n opskepbak en skep die kluitjies en stroop bo-op of bedien die perskes en kluitjies saam.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page