GESTOLDE VARKVLEISBROODJIE
Ek het gister die varkvleis lekkerte gemaak.
- 1 liter water
- 2 kg varkskenkels
- 1 wortel, gehalveer
- 1 ui, gekerf
- 1 eetlepel sout
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- 1 eetlepel Italiaanse kruie
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
- 1 eetlepel wonderpeper (all spice)
- 6 lourierblare
- 10 g gelatien
Kook die vleis in die water vir ongeveer 90 minute.
Voeg die groente en speserye by.
Kook die vleis vir nog 90 minute tot sag.
Haal die vleis uit en laat afkoel en pluis in growwerige stukkies.
Probeer die vel heel hou en krap alle vet en vleis van die vel af en hou eenkant
Giet die sous deur ‘n sif en laat afkoel en meng 400 ml sous met die gelatien.
Meng die helfte van die sous met die vleis en giet dit in ‘n pannetjie wat uitgevoer is met plastiek.
Plaas die varkvelle onder en teen die sye van die bak.
Plaas die fynvleis op die velle en druk mooi in die hoekies vas.
Giet die res van die sous oor en druk alles mooi styf vas.
Vou die plastiek bo-oor en pers saam om ‘n broodjie te vorm.
Laat oornag afkoel in die yskas.
Verwyder die plastiek versigtig en sny met ‘n skerp lem mes in mooitjies.
Hmmmmmm !!! Djeeeeerlik inderdaad
Resep en foto: Gideon Louw