Your Recipe Blog

GESTOLDE HOENDERBROODJIE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 10 tot 12 porsies van 2 snytjies elk

GESTOLDE HOENDERBROODJIE

Ek het hierdie resep by iemand gekry maar so baie aangepas dat ek hom nou maar met julle deel soos ek dit gemaak het.

  • 8 stukke hoender (boude, dye en borsies)
  • Bouquet garni (3 takkies pietersielie, 1 lourierblaar, 1 takkie tiemie, 1 takkie roosmaryn, 1 klein takkie vars basieliekruid, heel swart peperkorrels)
  • 2 gerookte viennas
  • ½ pakkie sampioene, gekerf
  • 1 klein uitjie, gekerf
  • 25 ml gelatien
  • 200 ml mayonnaise
  • 50 ml suurlemoensap
  • 1 – 2 stingels seldery, grof gekap
  • 5 ml sout
  • 125 ml room styf, geklits

Braai die uie in bietjie olie in ‘n pot.
Maak die hoender skoon, sit by die uie in die pot, bedek met water voeg die bouquet garni en sout by.
Kook tot die vleis van die been loskom. Hou die vloeistof dop en vul aan indien nodig.
Braai die sampioene en seldery in bietjie olie tot droog.
Wanneer die hoender gaar is ontbeen die hoender en pluis die vleis.
Sny die Viennas fyn en voeg by.
Smelt die gelatien in 125 ml louwarm sous waarin die hoender gekook het. (verwyder al die stokkies voor jy die 125 ml afmeet)
Voeg die gelatienmengsel, mayonnaise, suurlemoensap en selderymengsel by die hoendervleis en meng goed.
Vou die room liggies in.
Voer ‘n middelslag broodpannetjie uit met kleefplastiek.
Skep die hoendermengsel daarin en maak gelyk. Vou die kleefplastiek toe.
Plaas dit in die yskas om te stol.
Keer uit wanneer gestol, verwyder die plastiek en sny in dun skyfies om te bedien.

Resep aangepas en foto Rina Kleinhans.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page