GEROOSTERDE VARKRIB IN DIE OOND
- vark ribbetjie
- sout en peper
- fyn koljander
- fyn naeltjies
- tiemie blaartjies
- kookwater
Sny kepies in velkant en sny deur ribbes aan onderkant. Giet kookwater oor die velkant.
Droog af met handoek papier. Meng die speserye saam. Vryf die hele rib in met die speserymengsel. Plaas in oondroosterpan met velkant na onder en bedek met foelie.
Bak op 200°C vir so 20 minute.
Draai om en rooster vir nog so 1 uur met foelie oor op 150°C.
Haal foelie af, sit oond op rooster en rooster tot velletjies blasies op het.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman












