GEROOKTE MOSSELS MET GESMELTE KAAS OP ‘N FRANSE BROODJIE
- 2 blikkies gerookte mossels
- ½ ui, fyn gekap
- 1 teelepel tiemie
- 3 eetlepels mayonnaise
- 2 eetlepels peri peri sauce
- 1 koppie gerasperde kaas
- peper vir smaak
- 1 Franse broodjie, gesny
Meng al die bestanddele, buiten die brood in ‘n bak. Pak die snytjies franse brood oop op ‘n bakplaat.
Skep die mengsel bo-op die snye Franse broodjies en bak in oond teen 180ºC tot kaas gesmelt is.
Geniet warm.
Foto: Denzel Koenana