Your Recipe Blog

GEROOKTE KAAS EN SMOOR BROOD “BAGLES”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

GEROOKTE KAAS EN SMOOR BROOD “BAGLES”

  • 1.5 koppie gerookte kaas
  • 250 g fyn gekapte uie en groen en/of rooi soetrissies
  • 500 g bruismeel
  • 500 ml karringmelk
  • 1 teelepel origanum
  • 1 eier
  • ¼ koppie gemengde sade
  • ¼ blokkie oxo
  • knippie sout

Sit oond op 180 ºC.
Smoor uie en soetrissie in pan met origanum (ek gooi ‘n ¼ blokkie groente stock in terwyl dit smoor).
Plaas in ‘n aparte bak, sit gesifte meel, sade, sout en gerasperde kaas.
Meng die eier met die karringmelk en meng met die meelmengsel. Meng goed.
Skep in pannetjie of broodpan, en bak ongeveer 20 minute tot ‘n uur vir die broodpan.

Nota:
Hou bietjie karringmelk eenkant indien jy nog nodig het, want die mengsel moet nat wees.
Ek het bagel pannetjies gebruik so dit vat so 20 minutes om te bak. Sal meer wees (1 uur) as jy ‘n broodpan gebruik.
Lekker vir klein happies vir die kinders or net ietsie om daai gaatjie toe te maak.

Resep en foto: Kyle Jensen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page