Your Recipe Blog

GEPOSJEERDE PERE IN ROOIWYN

Cook: ongeveer 60 minute | Servings: 4 - 6

GEPOSJEERDE PERE IN ROOIWYN

  • 4 – 6 pere, ferm, nie oorryp
  • 2 koppies rooiwyn (Shiraz/Merlot/Tinta Barocca)
  • 1 suurlemoen, skil fyngerasper en sap uitgedruk
  • 1 koppie water
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 steranyssade
  • 2 kaneelstokkies

Skil die pere – los die stingel aan, maar sny die peer se onderkant gelyk (dan staan dit mooi op die bord).
Plaas die geskilde pere in ‘n houer vol water dat dit nie verbruin nie.
Voeg die wyn, vanilla, suiker, water, suurlemoen sap, -skil, steranys en kaneel in ‘n pot op die stoof.
Voeg die pere by die ander bestanddele in die pot. Plaas die deksel op en bring tot stadig kookpunt, kook stadig vir ongeveer 1 uur. Toets gereeld dat die pere nie pap kook nie. Draai gereeld.
Haal die pere uit wanneer dit mooi robynrooi is. Haal pot se deksel af en kook die oorblywende vloeistof tot dit stroperig raak.

Nota:
Die pere kan met roomys bedien word, maar is ook heerlik saam met steak of vleisgeregte.
‘n Druppel of 2 rooswater op die pere met bediening, verleen ‘n heerlike smaak daaraan.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page