GEMMERPOEDING OP DIE STOOF
- ⅓ koppie margarien
- ⅓ koppie appelkooskonfyt
- 1 teelepel koeksoda
- 1 koppie koekmeel
- 1 eetlepel asyn
- Vir die sous het jy volgende nodig:
- 1 teelepel gemmer of kaneel (ek gooi sommer ½ teelepel van elk in)
- 1 koppie suiker
- 3 koppies water
Plaas stroop bestanddele in ‘n groot pot en laat dit stadig kook terwyl jy die deeg aanmaak.
In ‘n ander pot, smelt die margarien, voeg die konfyt by en meng koeksoda in.
Haal van hitte af en voeg die meel en asyn by, meng lekker met mekaar tot deeg vorm.
Skep lepels vol van die mengsel in die stroop wat nou al begin kook het.
Verlaag die temperatuur van die plaat en sit die deksel op die pot, laat die poeding 10 min lank prut.
Na die 10 min sit jy die plaat af en los dit nog so rukkie met die deksel op, (moenie oopmaak nie, die kluitjies slaan toe) terwyl jy lekker vla maak en dan kan jy maar opskep.
Resep: Naudèa Visser
Foto: Edie Janse van Rensburg
Nota van Naudéa Visser:
En gebruik asb net groot pot, nie die kleinste een wat julle het nie, want die kluitjies swel baie uit en alles gaan oor kook en jiggie wees en die kluitjies rou as daar nie genoeg plek is vir dit om te rys in die pot nie.