GEMMERKOEKIES
“Omtrent al my resepte is oor die 40 jaar in gebruik. Daardie lekker ou dae. Kinders moes deel van die werk doen.”
- 8 koppies koekmeel
- 500 g kunsbotter
- 25 ml koeksoda
- 2 eiers
- knippie sout
- 5 koppies suiker
- 500 g gouestroop
- 25 ml kremetart
- 3 eetlepels gemmer
Verhit stroop tot lou. Meng kunsbotter en suiker tot romerig. Voeg stroop en eiers by die bottermengsel.
Sif droë bestanddele by en meng goed.
Baie belangrik:
Rol klein balletjies, pak in ‘n gesmeerde bakplaat, maar moenie plat druk nie.
Ek druk balletjie se boonste kant in bietjie suiker.
Bak by 180 °C vir 15 – 20 minute.
Resep en foto: Aneen Ferreira