Your Recipe Blog

GEMMERKOEKIES MET MELASSE

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: +- 120 koekies

GEMMERKOEKIES MET MELASSE

Ek het gewoonlik goue stroop gebruik, maar het per abuis een keer melasse gekoop in plaas van goue stroop en dit gebruik. Dit is of die gemmer geur baie meer prominent is met die melasse. Die koekies vorm ook baie mooi barsies. Gebruik margarien met ‘n 70 % vet inhoud,

  • 8 koppies koekmeel
  • 500 g margarien
  • 25 ml koeksoda
  • 25 ml kremetart
  • 5 koppies wit suiker
  • 500 g melasse of goue stroop
  • sout
  • 2 eiers
  • 4 eetlepels gemmer

Verroom margarien en suiker saam tot goed gemeng. Verhit melasse of goue stroop tot lou. Roer by bottermengsel. Voeg eiers by en klits goed saam.
Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel.
Rol balletjies en plaas entjie uit mekaar op bakplaat want hul loop bietjie plat. Nie nodig om balletjies plat te druk nie.
Bak by 180°C vir 15 tot 20 minute tot goudbruin.

Resep en foto: Alta de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page