Your Recipe Blog

GEMMERKOEKIES MET BARSIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 18 minute

GEMMERKOEKIES MET BARSIES

  • 1,4 kg koekmeel
  • 500 g wit suiker en 500 g bruin suiker, gemeng
  • 1 pakkie koeksoda 14 g
  • 1 pakkie kremetart 14 g
  • 15 ml gemmer
  • 7,5 ml komyn
  • 6 eiers, geklits
  • 500 g goue stroop
  • 500 g margarien of sagte botter

Vryf margerien of botter in droë bestanddele in.
Voeg geklitse eiers en goue stroop by.
Knie goed en laat oornag in lugdigte houer of plastiek sakkies in die yskas.
Rol volgende oggend in balletjies.
Pak in pan moenie plat druk nie en bak by 180ºC vir 18 minute.

Notas:
Elkeen se oond is anders, dit moet mooi bruin en gebars wees.
Maak eers ‘n proef van hoe groot jou balletjies moet wees, anders loop die spul inmekaar.
Ek sit verskillende grootes op en dan weeg ek elke balletjie sodat hulle ewe groot is, myne is 18 g elk.

Resep en foto: Hester Du Buys Naudé

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page