GEMMERBESKUIT MET SEMELS
- 1 kg bruismeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels sout
- 5 koppies semels
- 1½ koppie suiker
- 500 g botter
- 60 ml fyn gemmerpoeier
- ½ koppie kookolie
- 2 eiers
- 2 koppies karringmelk
Meng al die droë bestanddele goed saam.
Klits sagte botter, eiers, olie en karringmelk goed saam.
Maak ‘n holte in die droë bestanddele en giet die bottermengsel daarin, knie deur tot deeg gevorm is.
Deel die deeg in 2 dele en skep in gespuite bakplate, maak mooi gelyk en sny klaar die beskuite.
Bak by 170°C vir 45 min tot gaar.
Breek beskuite en droog uit.
Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.
Bessie Austin Venter:
Ek (vervang die semels) sit so een pak nutrific by, maar ek staan maar by met eksta melk, dit doen ek bietjie vir bietjie tot my deeg vir my reg lyk. Moet ook noem ek lief my deeg bietjie sag nie te styf nie as dit sal help.
Resep en foto: Martie Labuschagne