GEMENGDE SEEKOSPOT PASTEITJIES
- 1 pak gemengde seekos
- 1 rol skilferkorsdeeg
- 1 ui gekap
- 3 knoffelvingers, gekap
- 2 eetlepels botter
- sout en peper
- 250 ml room
- 1 teelepel gerookte paprika
- 100 g gekapte sampioene
- 100 g gemengde gevriesde groente
- 1 geklitste eier, vir bo-op smeer
- Maizena, om sous te verdik
- Tabasco sous, na smaak
Braai die uie, knoffel en sampioene in die botter tot die uie deurskynend is. Voeg seekosmengsel by.
Braai saam vir so 5 min. Voeg room, sout, peper, paprika en gevriesde groente by en meng goed deur.
Kook paar minute tot alles warm en gaar is.
Sous kan verdik word met bietjie Maizena en Tabasco kan by gevoeg word vir smaak.
Skep die seekosmengsel in klein bakkies en plaas blaardeeg dekseltjie bo op.
Verf die deeg met eier en bak by 180ºC tot goudbruin en gaar, ongeveer 20 – 30 minute.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman