GEMENGDE GROENTE MET ‘N VERSKIL
- 500 g gemengde groente (met broccoli en blomkool ens)
- 1½ koppie mayonnaise
- 1 koppie melk
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
Meng alles saam en sit in oondvaste bak.
Mikrogolf vir 15 minute.
Roer elke 5 minute.
Laat staan vir 5 minute.
Bedien warm.
HEERLIK!
Resep geplaas deur Elmien Claassen Downey
Foto: Adam Cloete
Notas:
Adam Cloete:
Dit is baie lekker en romerig en die mikrogolf tyd is net genoeg om die groente gaar, maar nog stewig en krakerig te kry. Die mayonnaise is bietjie skerp vir my smaak en ek sal dit verminder en met helfte yogurt meng.
Bietjie kaas ingemeng kan dit ook net lekkerder maak.
Dorothy Levauna Thouros:
Het die resep gisteraand gemaak en dit was HEERLIK! My gesin wat gewoonlik nie die groentes wil eet, het die bak amper leeg geëet. Dis maklik en goedkoop, alles wat mens gewoonlik in die huis het.
Karen Shaw
Ek voeg sommer nog ‘n blik suikermielies en 1 eier en so 60 ml koekmeel by.