Your Recipe Blog

GEMARINEERDE VIS OP DIE KOLE

GEMARINEERDE VIS OP DIE KOLE

Hierdie was die eerste soort vis wat ek in my lewe op die diepsee gevang het! Santie soek altyd n vis met n oog…om af te neem😜en sy is mal oor Asian flavors…  Dit is ‘n slingervis.
Ek het ‘n smeer gemaak van knoffel, gemmer, rooi ui, koljanderblare, chillies,grondboontjie olie, heuning en sojasous! Braai hom op matige kole en draai maar gereeld want die heuning wil graag brand.

  • ½ koppie sojasous
  • 2 eetlepels heuning
  • 1 eetlepel grondboontjieolie
  • 1 groen chilie, of na smaak
  • ‘n lekker bos koljanderblare
  • ½ rooi ui van ongeveer so groot soos ‘n tennisbal
  • vars gekapte gemmer, ongeveer 4 cm lank, geskil
  • 2 knoffelhuisies

Plaas alles behalwe die heuning in ‘n voedselverwerker en maal tot ‘n pasta en gooi dan die heuning by.
Jy kan olyfolie bysit as dit dalk nie ‘n lekker pasta maak nie.
Dit moet net lekker op die vis kan smeer.
Braai die vis op matige kole en draai maar gereeld, want die heuning wil graag brand.

Resep geplaas deur Tippie Kokkedoor
Foto: Santie Mostert

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5