GEMARINEERDE SKAAPBOUD OOR DIE KOLE
Ek het die skaapboud ontbeen en gemarineer vir 3 dae en oor die kole gaar gebraai. Die droë speserye soos volg, is na eie smaak.
- pienk Himalayan growwe sout
- growwe swartpeper
- witpeper
- steak en tjops speserye
- gerasperde suurlemoen skil van een suurlemoen
- ½ suurlemoen se sap
- ½ suurlemoen, in wieletjies gesny
- drie takkies vars roosmaryn
- twee vars knoffeltoontjies, in dun skyfies gesny
Geur die heel of gevlekte skaapboud met die speserye en suurlenoen.
Plaas in ‘n glasbak en marineer die gegeurde skaapboud in ‘n “BBQ” sous marinade of marinade van jou keuse vir ten minste 1 tot 3 dae.
Braai die skaapboud stadig op medium kole tot die gaarheidsgraad van eie keuse.
Resep en foto’s: Sean O’Brien