GEMARINEERDE GROENTE
- Maak ‘n 2 liter houer vol gesnyde groente van jou keuse of soos volg:
- murgpampoentjies
- wortels
- broccoli
- blomkool
- songedroogte tamaties, opsioneel
- groenbone, soetrissie of pitmielies, opsioneel
- Marinade:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie asyn
- 1 koppie olie
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel hoogvol droë gemengde kruie
- 1 teelepel sout
- knoffel, opsioneel en na smaak
- Feta, opsioneel
- olywe, opsioneel
Meng die olie, suiker, asyn, paprika, kruie, knoffel en tamatie in ‘n kastrol en verhit.
Sny die groente in happie grootte en blansjeer vir 2 minute (groente moet nog kraak).
Plaas geblansjeerde groente in ‘n bak met ‘n deksel en giet die warm marinademengsel bo-oor.
Meng goed en laat afkoel buite die yskas.
Voeg feta en olywe by (opsioneel) net voor opdiening.
Resep en foto: Susan Wessels