GEMAALDE GEELPERSKE KONFYT
My gemaalde geelperske konfyt resep. Dis heerlik.
- 3 kg perskes
- 3 kg suiker
- ± ¼ koppie suurlemoensap
- fyn gekapte gemmer, na smaak en opsioneel
Maal vrugte met die grootste gaatjiesif van die meul.
Plaas in ‘n groot kastrol en voeg die res van die bestanddele by.
Kook eers stadig tot die suiker opgelos is, roer gereeld.
Kook 45 minute op hoër hitte, doen piering toets en wanneer gereed, bottel warm en seël dadelik.
Resep en foto: Annemarie Muller Heinlein