Your Recipe Blog

GEKOOKTE HEEL LAMSNEK

GEKOOKTE HEEL LAMSNEK

“Vroulief het vir aandete hierdie lekker lamsnek netso heel vir my gekook en dit was djeeeeerlik. Dit is voorgesit saam met rys en juweelpatat en daai vleissousie word oor die rys geskep. Ekt ‘n stukkie oorgelos, want môreoggend as dit koud is, issit nóg lekkerder; dan trek jy ‘n knipmes uit en kerf hom van die been af. Djeeerlik bly maar lekker.”

  • lamsnek, hoeveelheid na eie keuse
  • olie, vir braai
  • 4- 5 klein uitjies, per nek
  • aartappels, na smaak
  • sout en peper, na smaak

Braai lamsnekke vooraf saam met bietjie olie, bietjie water en uitjies in groot kastrol. Kook stadig op lae hitte vir ongeveer twee ure. Voeg aartappels, sout en peper by. Kook tot aartappels lekker sag is. Sit voor saam met rys en patats. Skep van vleissous oor die rys.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page