GEKLEURDE KLAPPER MALVALEKKERS
My kleinkinders van gauteng kom kuier vir die vakansie, nou het ek gou vir hulle klapper malva lekkers gemaak net vir ‘n bederfie.
- 32 malvalekkers
- 1 pakkie Mariebeskuitjies, fyn gemaak
- 1 blikkie kondensmelk
- 100 g margarien
- ½ koppie sjokolade nesquik
- 1 koppie klapper
- ekstra klapper om in te rol
Plaas alles in ‘n groot bak of kastrol behalwe klapper en malvalekkers.
Verhit tot goed warm en meng. (ek het sommer in die mikrogolf gedoen)
Voeg nou klapper by en meng goed deur.
Laat effens afkoel.
Vou malvalekkers toe in ‘n bietjie van die beslag rol in ronde bolle, en rol dan in klapper.
Plaas in vrieskas tot styf.
Sny in drie of soos verkies en bere in yskas of vrieskas.
Nota:
Maak jou hande nat as die beslag te taai is, dit werk goed.
Resep en foto: Marie Grobler