GEGEURDE PAP EN WORS
- 2 uie, gekerf
- 1 rooi soetrissie, gekerf
- 1 geel soetrissie, gekerf
- 1 pakkie sampioene, gekerf
- 1 blikkie heelpit mielies
- 1 kg mieliepap meel
- 1 kg boere wors
- 1 pakkie Royco beef goulashsous
- klein houertjie room
- bietjie melk
- ½ koppie water
Braai uie tot sag in ‘n pan.
Voeg dan rooi en groen soetrissie by.
Voeg sampioene en heelpit mielies by.
Braai vir so 10 min.
Kook water vir pap in ‘n aparte pot.
Voeg nou jou gebraaide uie mengsel by jou pap water.
Voeg bietjies papmeel op ‘n slag by tot jy ‘n lekker stywe pap het.
Kook tot gaar op lae hitte dat dit nie aanbrand nie.
Braai wors in pan net tot dit ‘n bruin kleur kry nie gaar nie.
Meng ‘n pakkie Royco beef goulashsous saam met ‘n klein boksie Clover room, bietjie melk en ‘n halwe koppie water.
Skep gaar pap in ‘n oondvaste bak in bolletjies. Plaas wors bo op pap en skep die sous b0-oor.
Bak in oond tot sous lekker dik is en wors bruin teen 180 ºC.
Dis heerlik!!!
Resep en foto: Elna Erasmus