Your Recipe Blog

GEEN-KNIE DONUTS

| Servings: ±36

GEEN-KNIE DONUTS

Hierdie is die resep van Fatima se ‘no knead doughnuts’, iemand het gister daarna gevra.

  • Donuts:
  • 1 koppie louwarm water
  • 1 koppie louwarm melk
  • 30 ml botter, gesmelt
  • ½ koppie suiker
  • 1 pakkie gis (10 mg)
  • 1 eier geklits
  • 15 ml vanilla geursel
  • 5½ koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 45 ml bakpoeier
  • Estra:
  • styf geklopte room

Meng die water, melk en botter in ‘n mengbak. Voeg die suiker, gis, eier en vanilla by die watermengsel, meng deur en laat staan vir ‘n paar minute.
Roer die koekmeel, sout en bakpoeier by en meng totdat dit ‘n klewerige deeg vorm.
Smeer bietjie kookolie bo-op deeg en plaas die deeg in ‘n bak wat met olie gesmeer is, bedek met kleefplastiek en laat die deeg rys vir ongeveer 1½ uur.
Knie die deeg af en plaas dit op ‘n tafel wat liggies met meel bestrooi is. Verdeel die deeg in 4 stukke en rol elke stuk in vorm van ‘n ‘wors’, sny in lengtes soos verkies. Elke ¼ stuk lewer ± 9 stukke.
Vorm die donuts soos verkies, lank of rond en plaas dit op ‘n blad wat liggies met olie gesmeer is, laat rus vir ± 30 minute.
Bak in diep olie op medium hitte tot lekker bruin en gaar.

  • Stroop:
  • 1 koppie water
  • 1 koppie suiker
  • 1 heel stukkie pypkaneel

Kook water, suiker en kaneel tot die stroop bietjie dikker is.
Plaas die gebraaide donuts in die stroop en roer.
Kook vir omtrent vir 1 minuut.

Nota:
Stroop kan bietjie te taai word, voeg dan net bietjie water by en kook verder.
Haal de donuts uit en pak op ‘n rakkie om af te koel.
Sny elke donut bo-op oop en spuit lekker geklopte vars room in.

Resep: Fatima Sydow
Foto: Shahieda Jakoet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5