GEEN KNIE BROOD MET MUESLI
Geen knie broodjie – dubbel beslag
- 12 koppies broodmeel
- 2 teelepels sout
- 2 teelepels suiker
- 2 pakkies kits gis, groen pakkie
- 1 koppie muesli
- 1.8 liter water
Meng droë bestanddele goed saam. Voeg die water alles by. Meng tot slap deeg.
Skep in twee groterige gesmeerde broodpanne.
Laat rys tot ongeveer ¾ van panne se diepte. Verkieslik waar dit warm is.
Nota:
Ek maak oond bietjie lou warm en laat rys daarin.
Verhit die oond tot 180°C, sit die brode in.
Sit ‘n tuna blikkie of oondvaste bakkie met water onder op laaste rakkie sodat broodkorsie nie so hard is nie.
Bak vir 55 min tot gaar.
As jy die brood uithaal en die korsie van die brood is bietjie hard, smeer met ‘n kwassie melk oor.
Dit maak die kors lekker sag.
Smul lekker saam met botter en konfyt.
Resep geplaas deur Riaan Oberholzer
Foto: Riaan Oberholzer