Your Recipe Blog

GEELRYS HOENDERPOT

GEELRYS HOENDERPOT

  • 500 g hoenderstukke (boudjies en dye)
  • 30 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 20 ml matige of sterk kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml fyn komyn (jeera)
  • 1 kaneelstok
  • 2 heel naeltjies
  • 250 ml rou rys
  • 750 ml louwarm hoenderaftreksel
  • 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak

Braai die hoender stukke in ‘n klein bietjie verhitte olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
Verhit die res van die olie in die pot en sorteer die uie tot sag en geurig. Voeg die speserye by en sorteer nog ‘n minuut.
Voeg rys by, meng deur. Giet die hoenderaftreksel by, voeg hoenderstukke by, plaas deksel op en laat opkook.
Laat sowat 20 minute lank oor stadige hitte prut en voeg dan die aartappelblokkies by.
Bedek weer en laat prut tot sag en gaar.
Roer liggies deur om aanbrand te verhoed. Voeg bietjie water by indien dit nodig sou wees.
Geur met sout en peper na smaak.
Bedien met slaai.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page