GEDROOGTE SOUT-BROODVINGERS
Lekker idee vir sout peuselhappies.
- 3 gesnyde ou witbrode (ongeveer 3 dae oud)
- 500 g margarien of botter
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 1 eetlepel Marmite of Bovril
Smelt die blok margarien of botter in ‘n potjie op die stoof of in ‘n glasbak in die mikrogolf.
Voeg die pakkie soppoeier en Marmite of Bovril by die gesmelte botter en meng goed deur.
Pak die snye brood uit op ‘n plank of oppervlak en verf die margarienmengsel, met ‘n kwas, lekker dik op die snye brood.
Sny elke gesmeerde sny brood dwars in 4 vingers.
Plaas die broodvingers op ‘n bakplaat en droog dit uit in ‘n louwarm oond soos beskuit.
Die punte krul so bietjie om wanneer dit lekker droog is.
Dit is heerlik en bly baie lank bros en lekker.
Resep: Janine Frylinck
very tasty and easy to make. family and friends love it