Your Recipe Blog

GEBRAAIDE RYS (FRIED RICE)

GEBRAAIDE RYS (FRIED RICE)

  • 1 koppie rou rys
  • 500 g wors
  • 1 hoender borsie gemarineer in soet suursous
  • 1 – 2 koppies fyngekapte groente (meer of minder soos jy verkies)
  • ½ ui, gekap
  • 1 eetlepel donker sojasous

Kook rys vooraf en laat heeltemal koud word. Die koue rys gee ‘n beter tekstuur.

Plaas so lepeltjie Canola olie in die wok en braai die wors daarin gaar op hoë hitte.
Wanneer die wors gaar is, haal van hitte af en skep dan twee eetlepels botter in die wok en laat smelt.

Wanneer die botter gesmelt is, sit die  fyngekapte ui by en braai tot liggies bruin. Voeg dan die groente by. Wanneer die groente bietjie sag gekook het, voeg die hoender by en begin deur braai. Sny solank die wors in stukkies en voeg ook by die groente mengsel, braai tot die wors gaar is.

Plaas die koue rys bo op die mengsel in die pan en meng deur. Wanneer die rys warm is, breek  twee eiers bo oor en meng BAIE VINNIG deur. Die eier moet loperig deur die kos mengsel gaan sodat dit egalig om die rys kan gaar word.
Laat die eier “fluffy” word om die rys, giet sojasous oor en meng deur. Laat nog so bietjie prut, en geniet dan net so!

Resep en foto: Michelle Ungerer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page