GEBRAAIDE PYNAPPEL
Lekker sirloinsteak op griller gebraai, met sampioen kaas sousie, so sag soos lammetjie,
Dan tjippies in air fryer, uie ringe in tempura deeg en in diep olie gebraai, “pynappel gebraai”
- Queen pynappel
- sterk marsala kerriepoeier
- 2 teelepels heuning
- 1 teelepel suurlemoen sap
- 1 teelepel bruinsuiker
Skil die pynappel en sny in ringe, sprinkel mildelik met marsala kerriepoeier.
Pak in ‘n pan saam met die ander bestanddele.
Braai op stadige hitte tot sag, dan laaste paar minute as stroop amper weg gekook is, draai die hitte op en verbruin net vinnig.
Heerlik – effe sterk en “spicy”, maar yummmmyyy.
My kerrie kom direk gemeng vanaf ‘n Indiër in PE.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk