GEBOTTELDE SOET KERRIE KOMKOMMERS EN UIE
Hierdie Kerriekomkommers is heerlik by braaivleis, op ‘n broodjie saam met oorskietvleis of ham, in ‘n warmbrak, of sommer net saam met enige kos as ‘n “condiment”. Goedkoop en heerlik, my yskas is net nooit daarsonder nie.
Ook heerlik saam met ‘n beskuitjie en kaas terwyl jy wag vir die vuur!!!
- 4 groot uie, in ringe gesny
- 1 groot Engelse komkommer, in ringe gesny
- 1 koppie asyn
- 1 koppie suiker
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 2 teelepels mosterdpoeier
- 1 teelepel elk: pietersielie en tiemie opsioneel
- 2 eetlepels mielieblom
- 1 koppie asyn
Kook 1 koppie water, sit uie en komkommer by en kook 10 minute tot droog.
Voeg die asyn, suiker, kerrie, mosterd en kruie by.
Kook tot suiker opgelos en deurgekook is. Moenie weer droogkook nie!
Meng die mielieblom met 1 koppie asyn en meng in by die mengsel, kook tot verdik.
Bottel dadelik warm in voorbereide warm bottel.
Geniet jou komkommers!
Gebottelde foto en resep: Elsa Van Antwerpen Kleinhans
Foto: Manda van Niekerk
Manda van Niekerk
Ek kan eerstehands getuig dat hierdie resep so maklik, goedkoop en heerlik is. Van nou af sal dit altyd in my yskas wees.