GEBOTTELDE LUPIN BONE
- 500 g droë lupin bone
Week bone oornag in water.
Volgende oggend spoel af en kook, prut in water vir ‘n uur of twee. Skep skuim maar af.
Week die bone vir die volgende paar dae in water. Vervang elke dag die water.
Ek het myne vir 2 weke so laat week.
Die rede vir die lank week is baie soos olywe. Dit trek die bitter uit. Lupin bone kan giftig wees as al die bitter nie uit is nie. Proe na ‘n paar dae of die water nog bitter is. As dit nie meer bitter is nie, het ek geweek tot die boontjie nie meer bitter is nie.
- Vir bottel:
- 1 liter water
- 2 eetlepels sout
Skep die bone in flesse en vul op tot bo met kokende soutwater en seël.
Ek het ‘n bietjie asyn bygevoeg, want ek hou van ‘n suurigheid.
Die bone is BAIE gesond. Kan net so geeët word of in slaai gevoeg word.
Resep en foto geplaas deur Madie Tecklenburg
Nota: Elna Pinto:
Jy kan paar knoffel huisies by die kookwater sit ook. My man is gek hierna, sommer vir ‘n snack.












