GEBOTTELDE KRUIE TAMATIES
- 2 kg tamaties, geskil en in helfte gesny
- sout na smaak
- vars basil, tiemie en roosmaryn na smaak
- 1 koppie bruin asyn
- ¾ koppie suiker
Kook tamaties, asyn, suiker en sout saam. Het dit vir so uur gekook.
Vat so koppie van die mengsel en verpulp dit, sit dit terug by die res van die mengsel om ‘n lekker dik sous te maak en bring weer tot kook punt.
As die sous lekker glad is, sit die kruie in, meng deur en bottel in voorbereide glas bottels
Resep en foto: Nicolette Papas












