GEBOTTELDE HAWAIISE SLAAI
My gebottelde slaaie het nou basies almal opgeraak en die leë botteltjies bly vir my staar in die kas… toe maak ek sommer vinnig Hawaiise slaai om te bottel vanaand. Die resep kom van Bottel en Bêre se blad, maar ek het dit aangepas soos ons daarvoor hou. Baie min moeite, goedkoop en baie lekker.
- 250 ml suiker
- 300 ml witasyn
- 1 – 2 eetlepels kerriepoeier na smaak
- 2 teelepels borrie
- ½ teelepel rooipeper
- 2 teelepels sout
- 3 eetlepels blatjang
- 1 eetlepel appelkooskonfyt/perskekonfyt
- 1 kg Hawaian stir-fry (ek het sommer Chinese stir-fry gebruik want dit was wat ek gehad het en dit aangevul tot by 1 kg met mielies en ‘n blikkie boontjies)
- 45 ml Maizena, aangemaak met ekstra asyn
Kook die sousbestanddele saam vir 10 minute totdat die suiker gesmelt is.
Voeg die groente by en kook nog 15 minute (dit moenie pap gekook wees nie).
Voeg die aangemaakte Maizena by en laat so 2 minute kook.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Ilze Jacobs












