GEBAKTE APPELTERTJIES IN MUFFINPANNETJIES
Resep en foto: Lorraine Wietz Brand
- 250 ml suiker
- 120 ml klapper
- 37,5 ml margarien
- 3 groot eiers
- 250 ml bruismeel
- 2 ml bakpoeier
- knippie sout
- 60 ml melk
- 1 blik (385 g) tertappels
- Voorverhit oond tot 180° C.
- Smeer ‘n oondvaste bak van ongeveer 1,3 liter volume of gebruik Spray and Cook.
- Verroom suiker en margarien tot lig en romerig.
- Voeg eiers een vir een by en klits goed.
- Sif die droë bestanddele saam en meng geleidelik met die melk by die margarienmengsel.
- Verdeel en skep in gesmeerde (dieperige) muffinpannetjies.
- Ek het ‘n lekker diep muffin pannetjie en het 6 uitgekry.
- Plaas tertappels in elke holte in die deeg.
- Bak 20 – 25 minute lank tot muffins gaar is.
- As dit afgekoel het, haal muffins uit en plaas in afsonderlike bakkies.
- Sous:
- 1 blik Idealmelk
- 200 ml bruinsuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 eetlepels botter
- Verhit die sous totdat die suiker gesmelt is en skep versigtig oor die muffins.
Bedien met room of roomys.












