GEBAKTE WORTEL- EN PIESANGPOEDING
Ek doen dit baie, maar bak sommer ‘n maklike weergawe. Ek gebruik die kits vanilla-koekmengsel.
- Poeding:
- 1 pakkie (500 g) vanilla kitskoekmengsel
- 1 eetlepel kaneel
- 2 koppies wortels, gerasper
- 3 piesangs, fyngedruk
- Stroop:
- 1 koppie botter
- 1 koppie bruinsuiker
- 1 blik Ideal melk
- 1 koppie water
Maak koekmengsel aan soos per aanwysings op die pakkie. Voeg daarby die fyn kaneel, wortels en fyn gedrukte piesangs. Meng beslag deur, skep uit in gesmeerde 2 liter bak en bak die poeding teen 160 ºC vir 35 tot 45 minute.
Terwyl die poeding in oond is, kook die botter, bruin suiker, Ideal melk en water saam. Giet warm stroop oor poeding wanneer die poeding gaar is en uit oond gehaal word.
Resep en foto: Tanya Botha












