GEBAKTE SOUSKLUITJIES
Ek soek altyd ‘n maklike resep vir ‘n heerlike gereg en hierdie is beslis een van hulle.
- Deeg:
- 500 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 30 ml botter
- 2 eiers
- kaneelsuiker
- Sous:
- 380 ml suiker
- 5 ml kaneel
- 2 ml sout
- 750 ml water
Verhit die oond tot 150ºC.
Meng al die sous bestanddele in ‘n groot pot en bring tot kookpunt.
Laat kook vir omtrent 2 minute.
Hou eenkant.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel in totdat dit goed gemeng is.
Klits die eiers en voeg by die melk.
Meng die melkmengsel stadig by die meelmengsel en meng tot ‘n deeg.
Skep die kokende stroop in ‘n diep oondvaste skottel met ‘n deksel.
Skep lepelsvol deeg in hopies in die sous. Ek gebruik ‘n desertlepel.
Doop elke keer voor jy skep die lepel in die warm sous dit help dat die deeg nie aan die lepel vasklou nie.
Strooi bietjie kaneelsuiker bo-oor en bak met die deksel op vir 40 minute.
Bedien warm.
Resep en foto : Dalene Venner