Your Recipe Blog

GEBAKTE SJOKOLADEPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 min.

GEBAKTE SJOKOLADEPOEDING

  • Beslag:
  • 250 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 5 ml vanilla geursel
  • 60 ml botter
  • 190 ml suiker
  • 1 eier
  • 18 ml kakao
  • 190 ml melk
  • Stroop:
  • 250 ml water
  • 250 ml suiker
  • 25 ml kakao

Meng die suiker, kakao en die water in ‘n kastrol en kook saam tot die suiker behoorlik gesmelt is.
Klits botter en suiker tot romerig.
Klits die eier goed en voeg by die bottermengsel.
Sif al die droë bestanddele saam, voeg dit om die beurt met die melk by die eier en bottermengsel.
Voeg die vanilla by.
Neem ‘n gesmeerde oondbak en skep die beslag in.
Giet die stroop versigtig op die agterkant van ‘n lepel sodat dit oor die rou deeg loop.
Bak in voorverhitte oond teen n 180ºC vir 35 minute.
Bedien met vla.

Resep geplaas deur Denzil Aaron Roberts
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page