Your Recipe Blog

GEBAKTE SAGOPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 MIN

GEBAKTE SAGOPOEDING

  • 1 koppie sago
  • 4 koppies melk
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ teelepel kaneel
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • ⅓ koppie suiker
  • 4 teelepels sout botter
  • 4 groot eiers, geskei
  • 3 eetlepels strooisuiker
  • 8 eetlepel fyn appelkooskonfyt
  • 4 lepels vars suurlemoensap
  • 2 eetlepels water

Week die sago vir 30 minute in water en dreineer dan. Plaas die sago, melk, sout, kaneel, neutmuskaat en suiker in ‘n groot kastrol. Bring tot net onder kookpunt terwyl jy roer. Draai die hitte tot op die laagste plek, plaas die deksel op en kook totdat die sago heeltemal deurskynend is. Roer dit elke paar minute om te verhoed dat dit brand. Roer die botter in sodra dit gekook is. Sit eenkant en laat afkoel en roer dan die 4 geklitste eiergele in. (Al laat jy dit effens afkoel, moet jy vinnig werk en sterk roer om te verhoed dat die eier krimp.) Giet in ‘n gespuite oondvaste bak.

Klits die eierwitte tot wit en donsig, voeg dan die strooisuiker stadig ‘n lepel op ‘n slag by terwyl jy klits. Sodra dit styf en glansend is, stapel die eierwitte op die sago.

Plaas die poeding in die bak in ‘n groter oondpan, halfvol met warm water en bak 40 minute op 160 ºC tot goudkleurig.
Sit die appelkooskonfyt, water en suurlemoen in ‘n koppie en plaas in die mikrogolfoond vir 30 sekondes om te smelt. Sit die sago-poeding warm voor met die warm appelkoos-suurlemoensous op die kant.

Resep en foto: Quintin Strauss
Vir die foto het ek nie die eierwitte bo-op gesit nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page