GEBAKTE SAGOPOEDING IN PORSIES
- 1 liter melk
- 108 g (250 ml) sago
- 1 ml sout
- 60 g (75 ml) suiker
- 65 g (75 ml) botter
- 4 eiers
- 5 ml vanilla geursel
- neutmuskaat, na smaak
- 75 ml appelkooskonfyt
Verhit melk tot kookpunt, roer sago en sout by, kook oor lae hitte tot sago deursigtig is.
Roer suiker en botter by en haal van stoof af.
Klits eiers en vanilla geursel saam en roer by sagomengsel in.
Skep in gesmeerde oondvaste bak.
Strooi neutmuskaat oor en bak vir 30 minute by 160°C tot gestol.
My twist:
Ek het myne in individuele porsies opgedeel.
Ek het die porsies in waterbad gebak.
Konfyt dun bo-oor gesmeer nadat dit gebak is.
Swiss meringue (resep hier onder) gemaak, bo-op geskep en geskroei met “kitchen torch”
- Swiss Meringue:
- 2 groot eiers geskei, kamertemperatuur
- 1/2 koppie suiker
- bietjie kremetart
- 1/4 teelepel vanilla geursel
Plaas bietjie water in ‘n kastrol waarop ‘n glasbak pas, en bring die water tot kookpunt. Laat die water stadig kook en maak seker die boonste bak raak nie aan die kokende water nie.
Plaas die eierwitte, suiker en kremetart in die glasbak, sit dit op die warmwater en roer tot die suiker gesmelt is, en die eierwitte warm is, dit behoort 2-3 minute te neem. Haal van die water af en met ‘n klitser, klits die eierwitte styf tot punte stadium, ongeveer 5 minute. Voeg die vanilla by en meng deur.
Skep die meringue oor die poeding en brand met ‘n “kitchen torch” of plaas in die oond vir 2-3 minute op 220 ºC, net tot dit begin verbruin. Bedien dadelik
Resep en foto: Christine Boshoff van Rensburg