GEBAKTE RED VELVET KAASKOEK MET PEKANNEUT BRITTLE
- 1 pakkie Nutticrust koekies, fyngemaak
- 100 ml gesmelte botter
- 1.25 kg roomkaas by kamertemperatuur
- 200 ml gewone jogurt
- 375 ml strooisuiker
- 1 teelepel vanilla poeier
- knippie sout
- 5 eiers
- 3 eetlepels kakao
- 3 botteltjies rooi kleursel of 60 ml beet konsentraat*
- 125 ml suiker
- 60 ml water
- 125 ml gekapte pekanneute
Beet Konsentraat:
Skil en rasper 2 kg beet.
Bedek met kookwater en kook 2 ure oor matige hitte tot dit beet grys is en die water rooi.
Syg deur ‘n doek en gooi die vloeistof in die pot sit 1 eetlepel asyn by en kook tot die vloeistof met 2/3 verminder het.
Koel af en gebruik in koeke.
Berei jou 23 cm veerklamppan met papier op die bodem en kante.
Meng die koekiekrummels met die botter en druk op die bodem van die pan vas. Verkoel tot benodig.
Klits die suiker en eiers saam en bêre die klitser. Hou eenkant.
Roer die roomkaas, kakao, jogurt, kleursel, vanilla saam tot glad. MOENIE KLITS NIE ANDERS KRAAK DIE KOEK.
Gooi die eiermengsel by en roer tot gemeng.
Giet in kors en bak soos volg:
15 min by 200°C voorverhit en maak dan die oonddeur oop en verlaag die hitte na 100ºC.
Sodra die liggie aankom, maak oonddeur toe en bak ‘n verdere 90 min.
Skakel oond af en laat in oond afkoel.
Laat staan 48 uur in yskas. Ontvorm die kaaskoek versigtig en sit die fyngekapte brittle bo op.
Brittle:
Verhit die suiker en water oor matige hitte. Wieg die pan om die suiker te help oplos. MOENIE N LEPEL DAARIN DRUK NIE, DIT GAAN SANDSUIKER.
Sodra die suiker gesmelt is, verhoog die hitte en kook die water uit. Wieg die pan af en toe.
As die suiker begin verkleur. Wieg die pan om dit die verlangde kastaiingbruin kleur te kry.
Voeg die neute by en skud die pan om die neute te bedek. Gooi uit op silikon papier en koel af tot hard.
Kap fyn in voedselverwerker en strooi ‘n lekker laag oor die koek net voor opdiening.
Bron en foto: Frikkie Jones