Your Recipe Blog

GEBAKTE POLENTA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute

GEBAKTE POLENTA

Ek het besluit om die Polenta storie te probeer en sommer my EIE konkoksie gemaak!
Is te heerlik die speserye kom so mooi deur! Proe baie aangenaam.

  • 1½ droë polenta
  • 1 teelepel kosher sout
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • 1 teelepel knoffel sout
  • swart peper, na smaak
  • 4 koppies kookwater
  • 2 hoender ekstrakblokkies
  • 2 eetlepels botter

Plaas hoender ekstrakblokkies in kookwater, laat oplos.
Meng sout, peper, gemengde kruie en knoffel sout in ‘n klein bakkie.
Sodra die hoender ekstrak opgelos is, plaas in ‘n pot en laat kook, sodra dit kook, voeg bietjie vir bietjie die polenta by en meng heel tyd tot alles ingemeng is. Gebruik ‘n “whisk”, werk baie makliker.
Sit die hitte oor van medium na laag, sodra die polenta begin dik word.
Voeg die speserye in terwyl jy roer.
Haal af van stoof en roer vir ongeveer 5 minute.
Sprei die bak met cook and spray.
Skep die polenta in die glasbak en sit ‘n paar skeppies van die botter oor.
Sit in oond vir ongeveer 25 minute op 180°C.
Laat polenta liggies afkoel, sny in blokkies en geniet.
‘n Lekker vullende ete, iets waaroor ek baie mal is !!

Resep en foto: Micarla Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page